Projekte

Kom en geniet die pret en speletjies elke eerste Vrydag van die maand in “Die Waenhuis”. Die sosiale program word in samewerking met die 60 plussers, die Bejaardebedieningsgroep van die NG Kerk, aangebied.

Sluit elke Woensdag by die lede van Melkhoutfontein aan in die Soeterussaal en geniet die pret saam met hulle! Leer nuwe vaardighede aan en doen handwerk terwyl daar heerlik gekuier word. Elke maand word ‘n heerlike verjaardagtee op die laaste Woensdag gehou. Interessante uitstappies vind gereeld plaas.

Die Vuurvliegies – ‘n groep persone met gestremdhede – kom elke Dinsdag by Soeterus bymekaar en maak die mooiste goed! Hulle verf en speel met papier mache, maak wonderlike goed uit herwinbare materiaal en doen die mooiste werk met mosaiekteels. Hulle speel ook speletjies en oefen om al die spiere wat nog werk te stimuleer.

‘n Ondersteuningsgroep vir familielede van persone met Alzheimers en demensie ontmoet een keer per maan dop ‘n Dinsdagmiddag in “Die Waenhuis”. Sluit gerus by hierdie groep aan en verstaan wat met jou geliefde gebeur. Alzheimer’s SA voorsien ondersteuning met hierdie groep.

Die ”Swop shop” is ’n herwinningsprojek vir leerders in Melkhoutfontein. Die projek dien ‘n tweeledige doel – om die kinders te leer om vir hulle omgewing om te gee deur herwinning en die kinders “verdien” uit die herwinde artikels.

Verskeie werklose lede van die gemeenskap is as tuisversorgers en voedseldienspersoneel opgelei. Hulle is in diens van Jagersbosch en verdien ‘n inkomste. Opleiding en ontwikkeling van lede van die gemeenskap is ‘n integrale deel van die doel van Jagersbosch en vorm ‘n belangrike deel van alle projekte. Die voordurende opleiding en ontwikkeling van alle personeel en lede is baie belangrik.

Die ”Buitekombuis” Mark vind elke eerste Saterdag van ‘n maand in  ”Die Waenhuis” plaas. Die mark bied die geleentheid aan lede van die gemeenskap om hulle tuisgemaakte en handgemaakte produkte te bemark en verkoop, enigiets van heerlike eetgoed tot klere en juwele. Kom geniet die lekker atmosfeer en smul aan die heerlike kos of verlustig jou in die pragtige handgemaakte produkte.

U is welkom om Jagersbosch te kontak – 028  754 1934 – vir meer inligting oor enige van die projekte. Sluit as lid aan of bied u dienste as vrywilliger aan en verryk u lewe deur diens te lewer aan ander!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>