Gesondheidsdienste

Sluit aan as lid by Jagersbosch en geniet gemoedsrus en goeie diens deur toegewyde personeel. Die noodnommer – 072 246 7764 – verseker diens 24/7 Tuisversorging word tuis gedoen of in een van die sorg-eenhede in Stilbaai of Melkhoutfontein. Stilwaters Versorgingseenheid in Stilbaai dien as deurgangsfasiliteit en beskik oor 12 beddens. Stillerus Versorgingseenheid in Melkhoutfontein bied huisvesting aan 22 inwoners met versogingsdienste beskikbaar vir die inwoners. Noue samemwerking met CANSA en die ander gesondheidsdienste in die dorp – apteke, dokters, fisioterapeute, kliniek van die Departement van Gesondheid – verseker goeie versorging en sorg vir lede. U hoef nie by die kliniek te wag vir u chroniese medikasie nie – tref die nodige reëlings en u kan dit by die Palinggat Kliniek afhaal of dit word by u afgelewer. ‘n Alzheimer’s Ondersteuningsgroep bied waardevolle ondersteuning aan familielede en persone met Alzheimer’s. Die groep vergader een keer per maand in “Die Waenhuis”. Kontak Jagersbosch vir meer inligting. Gesondheidsdienste. Ons glo daaraan om geleenthede te skep en liefdevolle hulp te gee aan ons gemeenskap sodat daar ‘n gesonder gemeenskap kan bestaan. Met die hulp van die plaaslike dokters, aptekers en fisioterapeute is die moontlik om voorkomende gesondheids- en ook voltydse/deeltydse hulpdienste te verskaf. Die doel van die voorkomende gesondheidsdienste is om lede wat aan kroniese (soos diabetes en hipertensie) of akute ( soos griep ens) ly te moniteer om ernstige siektes soos beroerte of diabetes komas te voorkom. Hierdie dienste word by die klinieke in Stilbaai en Melkhoutfontein verskaf en dit sluit in: voetsorg;monitering van bloeddrukke en bloedsuiker vlakke;urine toetse;bloedtoetse op aanvraag;kolestrolvlakke;PSA toetse, borsondersoeke, PAP smere;volwas tuis of in die klinieke; Voltydse sorgdienste word as palliatiewe en respiete versorging gegee aan: tydelike en permanente frail patients;terminale siek pasiente;post-operatiewe sorg pasiente;kroniese siek (beroerte) pasiente;frail persone tuis wat nie hulle huise wil verlaat of nie toelating in ouetehuise kan kry nie.frail persons wat tydelike evrsorging benodig;ander lede van die gemeenskap wat n behoefte aan tuisversorging het. Hierdie dienste word tuis verskaf of in enige van die ander fasiliteite soos in die Stilwaters Kliniek (12 beddens) en Palinggat Kliniek in Stilbaai. Ook by die  Moses Kleinhans Klinic (8 beds)en die Stillerus Transito-eenheid (22 beddens) in Melkhoutfontein. Opgeleide versorgers onder toesig van opgeleide gekwalifiseerde verpleegsusters verskaf die diens. Die verpleegsusters is by die Raad vir Gesondheidversorging geregistreer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>