Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum

Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum is geleë in Stilbaai, ‘n klein stranddorpie aan die Suid-Kaapse kus. Weens sy lae misdaadsyfer, gematigde klimaat en relatiewe goeie munisipale dienslewering, is dit ‘n gewilde aftreedorp vir bejaardes van regoor Suid- Afrika. Hier is baie aktiwiteite waarby afgetredenes betrokke kan raak: leserskring, skryfkring, rolbal, tennis, golf, visvang, tuinbou, ens. Groter dorpe met hospitaalfasiliteite soos George en Mosselbaai is net 150 km ver en Kaapstad 350 km.

Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum is deel van ‘n gevestigde infrastruktuur om dienste aan ‘n gemeenskap, wat afgetredenes en bejaardes insluit, te lewer. Dit is ‘n Artikel 21 Maatskappy wat spesialiseer in versorgings- en voedseldienste, asook ‘n wye verskeidenhied ondersteunende dienste,  aan sy lede. Alle tariewe vir die betrokke dienste is op die inkomstes van die lede gebaseer. Hierdie dienste teen sakpaspryse motiveer mense om aan te sluit as lede van Jagersbosch en om hier af te tree.

Kontak Jagersbosch indien jy betrokke wil raak by ons dienste en projekte! 028 754 1934 of jagersbosch@vodamail.co.za

Koop jou kaartjies vir ‘n heerlike seekos-ete gesorganiseer deur die Stilbaai Sakekamer op 2 November 2012. R 120 per persoon vir ‘n heerlike ete en lewendige vermaak! 

NUUS: Op 28 Februarie kondig die bestuurder, Petra Daneel, aan dat die sentrum daarin geslaag het om afslagpryse by 43 besighede in Stilbaai vir hulle lede te beding. Elke lid ontvang n lidmaatskapkaartjie, wat gebruik kan word om kruideniersware, geskenke, maaltye, verf, ens teen afslag te koop.

NUUS: Jagersbosch se ledegetalle steek die 1 000 merk verby op 25 April! Onthou Jagersbosch as ‘n verdienstelike saak indien u iets wil skenk!

Posted in Uncategorized | Leave a comment